Afrikaans (Muziek uit Afrika)

Afrikaans (Muziek uit Afrika) - Osbraai Op Kromdraai lyrics

Your rating:
Osbraai Op Kromdraai

WALZ
Tempo	= 130

KEY : D		CHORDS : D, G & A

Osbraai op Kromdraai, almal is daar
Van heinde en verre kom almal saam
Die oupas en oumas rus op die stoep
Ver in die verte, 'n jakkals wat roep

Die vure die knetter, die kinders ringkink
Tant Lenie is besig om koffie te skink
Die son trek al water, die skemer is hier
En almal tevrede om braaivleis te vier

Want ons hou
Osbraai op Kromdraai, almal is daar
Van heinde en verre kom almal saam
Die oupas en oumas rus op die stoep
Ver in die verte 'n jakkals wat roep

Oom Hansie van Gansbaai speel die kitaar
Die arme ou m¬isvloer, dié kry maar swaar
Die nooientjies staan eenkant, almal te fraai
In die kêrels se oë word liefde verraai

Want ons hou
Osbraai op Kromdraai, almal is daar
Van heinde en verre kom almal saam
Die oupas en oumas rus op die stoep
Ver in die verte 'n jakkals wat roep (2x)
Get this song at:
bol.com
amazon.com

Copyrights:

Author: ?

Composer: ?

Publisher: ?

Details:

Language: Afrikaans

Cover from: Francois Hayes - Osbraai Op Kromdraai

Share your thoughts

This form is protected by reCAPTCHA and the Google Privacy Policy and Terms of Service apply.

0 Comments found